Wie is Anne Frank en hoekom is sy so beroemd?

Tydens die Tweede Wêreldoorlog skuil Anne Frank om vervolging van die Jode deur die Nazi’s vry te spring. Sy word ontdek en sterf in die konsentrasiekamp in Bergen-Belsen. Haar verhaal het wêreldwyd bekend geword danksy haar gepubliseerde dagboek. Anne Frank se dagboek is in 70 tale vertaal. Die plek waar Anne van 1942 tot 1944 geskuil het, staan bekend as die agterhuis en is deel van ons museum. In die museum kan jy Anne Frank se oorspronklike dagboek, wat sy tydens haar skuiling geskryf het, sien. Die museum vertel die verhaal van hoe agt mense geleef het terwyl hulle weggekruip het, en wie hulle gehelp het. Die taal van die museum en die tentoonstelling is Nederlands en Engels. Vir diegene wat nie in staat is om die museum te besoek nie, is daar die Die Agterhuis Aanlyn (in Engels, Duits en Nederlands ).

Google Cultural Institute

Neem ‘n kykie by die aanlyn visuele tentoonstelling oor Anne Frank en ander verwante tentoonstellings oor die twintigste eeu.

Meer

Bestel die dagboek

Anne het vanaf 12 Junie 1942 tot 1 Augustus 1944 in haar dagboek geskryf. Bestel Anne Frank se dagboek by ons aanlynwinkel.

Meer

Wenk!

Jy kan die webwerf van die Anne Frank-stigting in Nederlands, Engels, Duits, Frans, Spaans of Italiaans deurblaai. Gebruik die taalkieslys en die soekveld bo regs om meer inligting te vind.

Leerlingen volgen een educatief programma in het Anne Frank Huis. Studentsare following an educational program in the Anne Frank House.

Groepprogramme

Die museum bied verskillende programme aan vir skole. Daar is ook programme vir volwassenes en vir kinders wat met hul (groot)ouers die museum besoek. Verdere informasie is in Engels beskikbaar.

Leerlingen volgen een educatief programma in het Anne Frank Huis. Studentsare following an educational program in the Anne Frank House. Meer
Anne Frank Huis. Bezoekers in de rij voor het Anne Frank Huis.
Anne Frank House. Visitors waiting in line for the Anne Frank House.

Aanlynkaartjies

Koop toegangskaartjies aanlyn, druk dit af en loop by aankoms by die museum tot by die spesiale toegangsdeur, links van die hoofingang. Dit bespaar baie tyd en is maklik om te doen. Verdere informasie is in Engels beskikbaar.

Anne Frank Huis. Bezoekers in de rij voor het Anne Frank Huis.
Anne Frank House. Visitors waiting in line for the Anne Frank House. Meer